Voer ’n 23 x 23 cm-koekpan met kleefplastiek uit; laat van die kleefplastiek oor die kante van die koekpan hang. Haal solank die roomys uit die vrieskas.

  • Basis: Kap die beskui-t­jies in ’n voedselverwerker of met ’n koekroller goed fyn. Voeg die botter by en meng goed. Skep die krummelmengsel op die bodem van die bereide koekpan en druk goed vas. Plaas in die vrieskas.
  • Vulsel: Skep die roomys in ’n groot mengbak en voeg die grondboontjies by. Meng goed deur en skep bo-op die krummels. Maak glad bo-op. Vries 1 uur.
  • Bolaag: Meng die karamel tot glad. Smeer oor die roomys.
  • Plaas die sjokolade en room in ’n mikrogolfglasbak. Mikrogolf 30 sek. en meng goed. Mikrogolf nog 30 sek. en meng tot gesmelt.
  • Giet die sjokolade oor die karamel en maak dit glad bo-op. Vries minstens 3 uur.
  • Vir voorsit: Lig die roomys versigtig met die kleefplastiek uit die koekpan. Verwyder die kleefplastiek en sny in groot of klein blokke, soos verkies. Sit dadelik voor en bêre die res in die vrieskas vir later.