Voer ’n vierkantige koekpan van 25 cm uit met kleefplastiek en bespuit met kossproei.

  • Kors: Meng alles goed en druk ewe­redig vas op die bodem van die koekpan.
  • Kaaskoek: Plaas die roomkaas in ’n groot mengbak en klits met ’n elektriese handklitser tot sag. Giet die sjokolade stadig by terwyl jy klits. Voeg die koffie en suiker by; klits tot goed gemeng.
  • Plaas die gespons­te gelatien vir 10-15 sek. in die mikrogolf of tot net gesmelt. Voeg die gelatien by die kaaskoekmengsel en meng vinnig deur.
  • Skep die kaaskoekmengsel bo-oor die kors en smeer glad bo-op. Laat verkoel 3-4 uur of oornag in die yskas tot gestol.
  • Keer die kaaskoek versigtig uit en sny in snye.

Wenk: Tennisbeskuitjies werk ewe lekker as Oreo’s.