25 min.
6-8
40-45 min.
Bestanddele
- Poeding
- 500 ml (2 k) koekmeel
- knippie sout
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 100 g botter, teen kamertemperatuur
- 250 ml (1 k) ligbruinsuiker
- 2 eiers
- 45 ml (3 e) marmelade of appelkooskonfyt
- fyngerasperde skil van 2 naartjies
- 20 ml (4 t) witasyn
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 200 ml melk
- Sous
- 200 ml suiker
- 125 ml (½ k) melk
- 125 ml (½ k) room
- 50 g botter
- 10 ml (2 t) mielieblom, gemeng met 15 ml (1 e) water
- Naartjies
- 3 naartjies, geskil
- 30 ml (2 e) heuning
- ’n skeut suurlemoensap
Metode

Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit ’n groot oondbak met kossproei.
- Poeding: Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
- Klop die botter en suiker in ’n ander bak tot lig en romerig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.
- Voeg die konfyt, naartjieskil en asyn by en meng goed.
- Los die koeksoda in die melk op. Voeg die melkmengsel om die beurt met die meelmengsel by die beslag.
- Giet die beslag in die oondbak en bak 40-45 min. of tot gaar.
- Sous: Plaas die suiker, melk, room en botter in ’n kastrolletjie en verhit tot die botter gesmelt is. Roer die mielieblommengsel by en roer tot verdik. Giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
- Naartjies: Sny die naartjies in die lengte in die helfte. Sit dit snykant na onder in ’n pan en drup die heuning oor. Voeg ’n skeut suurlemoensap oor en verhit 1 min. Haal van die hitte af en skep op die poeding.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg
Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken
gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET