Voer 2 bakplate uit met bakpapier.

  • Kap die pekkanneute rofweg op en breek die veselbeskuitjies in kleiner stukkies op. Plaas in ’n mengbak.
  • Kap die dadels rofweg op en voeg saam met die amandels by die beskuitjiemengsel.
  • Plaas die sjokolade in’n glasmikrogolfbak of -maatbeker en mikrogolf 30 sek. Roer goed en mikrogolf nog 30 sek. Roer weer. As die sjokolade steeds nie gesmelt is nie, mikrogolf dit nog 30 sek. en roer tot gesmelt.
  • Giet die helfte van die sjokolade by die neutemengsel en meng goed – alles moet met die sjokolade bedek wees.
  • Giet die res van die sjo­kolade in 18 tot 20 R5-grootte-poeletjies ’n sentimeter van mekaar op die bereide bakplate.
  • Stapel die neutemengsel in hopies bo-op die sjokoladepoeletjies. Plaas die bakplate in die vrieskas vir ’n uur of tot heeltemal gestol. Haal versigtig van die bak­papier af en bêre in ’n lugdigte houer in die ­yskas.