n.v.t
24-26
30 min
Bestanddele
- Oliebolletjies
- 500 ml (2 k) meel
- 15 ml (1 e) suiker
- 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
- ’n knippie sout
- 1 eier
- 250 ml (1 k) melk
- 5 ml (1 t) vanielje
- 60 ml (¼ k) gesmelte botter
- olie vir diepbraai
- Afronding
- strooisuiker, vir rol
- aarbeikonfyt (opsioneel)
Metode

- Oliebolletjies: Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout in 'n groot mengbak. Klits die eier, melk, vanielje en botter saam en voeg by die meelmengsel. Klits tot glad.
- Verhit genoeg olie in 'n kastrolletjie vir diepbraai. Drup die beslag eetlepel vir eetlepel in die olie en braai die bolletjies tot goudbruin en gaar in die middel. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die res van die beslag.
- Afronding: Rol die warm oliebolletjies in die strooisuiker en pak op 'n bord om af te koel. Sit die oliebolletjies voor saam met die aarbeikonfyt, indien gebruik.
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET