Voorverhit die oond tot 150 °C. Bespuit 'n 23 x 10 cm-­silikoonbroodpan goed met kossproei en plaas dit in ’n metaalpan.

  • Vulsel: Meng die maaskaas, suiker of versoeter, eiers en sout goed. Voeg die suurlemoenskil, -sap en bessies by en meng deur. Skep in die bereide pan en bak 1¼ uur of tot net gaar maar steeds effens sag in die middel. Laat in die oond afkoel.
  • Bolaag: Laat kook die helfte van die bessies saam met die suiker of versoeter tot ’n effense stropie. Laat afkoel.
  • Skep die gekookte bessies net voor jy dit wil voorsit oor die kaaskoek en sprinkel die vars bes-sies bo-op. 
  • Korskrummel: Vryf die botter in die fyngemaalde amandels. Voeg die vlokkies en neute by en sprinkel oor die kaaskoek. Sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe