• Sny die papaja in klein blokkies en die kiwivrugte in dun skyfies. Hou eenkant.
  • Jogurt: Geur die jogurt na smaak met die heuning.
  • Pak die papaja ­onderin 6-8 yslollievormpies. Pak die kiwi- en piesang­skyfies aan die kante van die vormpies en maak ¾ vol met die jogurtmengsel.
  • Vir afronding: Sprinkel die muesli, klapper en amandels oor en vries die lollies 2 uur. Druk ’n roomysstokkie in elkeen en vries oornag tot ­gestol.


WENK: Vir ’n suiwelvrye weergawe: Vervang die jogurt met 400 ml (1 k) klappermelk wat versoet is met 10 ml (2 t) strooisuiker. Vir ’n kitsweergawe: Gebruik ­jogurt met vrugtestukkies pleks daarvan om jou eie vrugte te sny. Die muesli kan ook vervang word met enige ontbytgraankos van jou keuse.