Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondbak goed met kossproei.

Rolletjies

Knie die gemengde speserye, kaneel en gerasperde lemoenskil by die deeg in.

Rol die deeg sowat 1 cm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Verf die deeg met die botter en sprinkel die suiker en die rosyne of sjokoladesplinters eweredig oor die deeg.

Rol die deeg in die lengte op en knyp die kante vas. Sny die deegrol in 12 gelyke rolletjies en pak knus teen mekaar in die bereide oondbak. Bedek met ’n teedoek en laat 30 min. rys.

Verf die rolletjies met die melk. Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar. Laat die bolletjies 15 min. in die pan afkoel.

Versiersel

Klits die bestanddele goed saam en drup oor die rolletjies. Breek in porsies en sit voor.

Maklike paasbolletjies

Knie 10 ml (2 t) gemengde speserye, 5 ml (1 t) fyn kaneel, 2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat, 125 ml (½ k) ligbruinsuiker en 250 ml (1 k) rosyne of
sjokoladesplinters by 1 kg winkelbrooddeeg in.

Verdeel die deeg in 12 gelyke dele en rol bolletjies. Pak die bolletjies teen mekaar op ’n gesmeerde bakplaat. Bedek met ’n teedoek en laat
1 uur op ’n warm plek rys.

Meng 60 ml (¼ k) meel met ’n bietjie water tot ’n slap deeg en skep in ’n spuitsakkie. Spuit ’n kruisie op elke rolletjie, indien verkies, en bak die rolletjies 20-25 min., of tot goudbruin en gaar, by 180 °C.

Verf met ’n bietjie verhitte heuning sodra die rolletjies uit die oond kom. Laat afkoel en sit voor.