Hou ’n diep tert- of oondbak byderhand en voer dit met kleefplastiek uit.

Sny die Paasbolletjies oop en pak die onderste helftes in die bak.

Roomys

Skep die roomys in ’n mengbak en roer tot dit versag. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

Smeer die roomysmengsel oor die onderste broodjiehelftes en pak die boonstes bo-op.

Bedek die bak met kleefplastiek en vries 3 uur of oornag.

Vir voorsit

Keer die broodjies uit en sny in porsies. Sit dadelik voor saam met die sjokolade­sous, indien gebruik, of bedek en vries vir later.

Maklike paasbolletjieresep

Knie 10 ml (2 t) gemengde speserye, 5 ml (1 t) fyn kaneel, 2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat, 125 ml (½ k) ligbruinsuiker en 250 ml (1 k) rosyne of
sjokoladesplinters by 1 kg winkelbrooddeeg in.

Verdeel die deeg in 12 gelyke dele en rol bolletjies. Pak die bolletjies teen mekaar op ’n gesmeerde bakplaat. Bedek met ’n teedoek en laat
1 uur op ’n warm plek rys.

Meng 60 ml (¼ k) meel met ’n bietjie water tot ’n slap deeg en skep in ’n spuitsakkie. Spuit ’n kruisie op elke rolletjie, indien verkies, en bak die rolletjies 20-25 min., of tot goudbruin en gaar, by 180 °C.

Verf met ’n bietjie verhitte heuning sodra die rolletjies uit die oond kom. Laat afkoel en sit voor.