Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n 24 cm-koekpan met botter of ­bespuit met kossproei.

  • Pampoenkoek: Laat kook die pampoen, sout en kaneelstokkie in die water tot sag. Dreineer enige water en plaas eenkant om af te koel. Verwyder die kaneelstokkie.
  • Verwerk die gedreineerde pampoen in ’n voedselverwerker tot ’n fyn en gladde puree.
  • Meng die eiergele en suiker, en klits tot liggeel. Voeg die heuning by en klits tot goed gemeng. Roer die rum en pampoen by die eiermengsel in.
  • Sif die koekmeel en mielieblom saam en roer by die mengsel in. Roer goed.
  • Klits die eierwitte tot styf en vou liggies by die mengsel in.
  • Giet die beslag in die gesmeerde koekpan. Bak 40 min. tot gaar. Laat 10-15 min. afkoel. Keer op ’n afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.
  • Rum-en-heuningjogurt: Klits die room tot dik. Voeg die jogurt by en klits saam tot gemeng. Voeg die rum en heuning by en meng goed.
  • Vir voorsit: Sny die pampoenkoek in skywe en plaas op ’n koekbordjie. Rond af met die rum-en-heuningjogurt. S