Genoeg vir 6 mense Bereiding: 15 min.
Pannekoeke
1 L (4 k) water
knippie sout
45 ml (3 e) strooisuiker
250 ml (1 k) olie
30 ml (2 e) witwynasyn
8 eiers
1 kg (4 k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier, gemeng met 10 ml (2 t) louwarm water
Vulsel
160 ml (? k) meel
250 ml (1 k) strooisuiker
4 eiergele
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 L (4 k) melk
kaneelsuiker
1. Pannekoeke Meng alles; klop deeglik tot daar geen klonte meer is nie. Bedek en laat rus 15 min.
2. Verhit ’n kleefvrye pan en smeer met olie. Maak die pannekoeke een-een gaar. Skep ’n soplepel vol in die pan en laat die een kant gaar word voor jy die pannekoek omdraai. Hou die gaar pannekoeke op ’n bord.
3. Vulsel Klop die meel, suiker, eiergele en vanielje in ’n mengbak. Verhit die melk tot kookpunt en giet dit oor die eiergeelmengsel terwyl jy roer. Giet die mengsel in ’n pot en roer met ’n draadklopper oor lae hitte tot die mengsel tot ’n sous verdik. Kook 5 min. of tot gaar. Bedek die mengsel direk met kleefplastiek en laat afkoel.
4. Verwyder die kleefplastiek en skep dit een lepel op ’n slag in ’n spuitsak met ’n 1 cm-spuitstuk. Plaas die eerste pannekoek op ’n bord, smeer met die vulsel en plaas nog ’n pannekoek bo-op. Herhaal met die res van die pannekoeke en vulsel. Bestrooi met die kaneelsuiker en sit voor.
Deur Hope Malau Foto: David Briers
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET