Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20cm-­tertbak.

  • Kors: Meng die meel, sout en suiker in ’n middelslagbak. Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos growwe krummels lyk.
  • Strooi die water geleidelik oor die droë mengsel en roer tot die deeg genoeg bymekaarkom om ’n bal te vorm.
  • Rol die deeg plat met ’n deegroller op ’n meelbestrooide oppervlak. Rol uit in ’n sirkel wat 3 cm groter is as die tertbak. Druk dit in die tertbak vas en plaas die tertdop in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
  • Vulsel: Meng die eiers, gouestroop, suiker, botter, sout en fyngemaalde pekanneute in ’n middelslagbak.
  • Versprei die pekanneute wat in kwarte gesny is oor die bodem van die tertkors. Skink die stroopmengsel oor die pekanneute en rangskik die heel pekanneute bo-op die tert.
  • Bak 1 uur of tot dit ferm is in die oond. Laat dit 1 uur afkoel. Sit voor saam met geklopte room.