Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 22 cm-­tuitpan met kossproei en stuif met meel.

  • Kook die perskes, lemoensap en -skil saam met die heuning tot die perskes goed sag maar nie stukkend gekook is nie en die meeste vloeistof byna afgekook is. 
  • Koek: Klits die botter en suiker saam tot romerig, voeg die eiers by en klits goed. 
  • Sif die droë bestanddele saam. Voeg die amandels en klapper by. Meng om die beurt met die perskemengsel by die bottermengsel in. Voeg die amandelgeursel by. Skep in die pan. 
  • Bak sowat 35 min. of tot ’n toetspen skoon uit die koek kom. 
  • Stroop: Laat al die bestanddele 5 min. saam kook. Hou die perskes eenkant en giet die stroop oor die warm koek. Laat in die pan ­afkoel en keer versigtig uit. 
  • Afronding: Meng die roomkaas met die versiersuiker. Stapel die perskes bo-op die koek en skep hopies van die roomkaasmengsel ­bo-oor. 

Droëperskes is heerlik in dié klapperkoek, wat nie baie suiker inhet nie. Dit bevat ook min meel.