• Plaatkoekies: Maak die piesangs fyn. Voeg die melk en eiers by en klits.
  • Sif die meel, bakpoeier en koeksoda in en meng liggies tot net ’n paar klonte sigbaar is.
  • Verhit ’n kleefwerende pan oor matige hitte. ?
  • Gebruik ’n 60 ml (¼ k)- maatbeker as mate, skep die beslag in die pan en braai 1 min. weerskante.
  • Grondboontjiebottersous: Meng al die bestanddele. Sit eenkant.
  • Vir voorsit: Braai die spek tot bros. Sny die piesangs en sit voor saam met die plaatkoekies, spek en sous.

WENK

As die sous dik raak wanneer dit staan, sit vir 30 sek. in die mikrogolfoond.