Meng die meel, bak­poeier, strooisuiker en sout in ’n mengbak. Klits die eiergele, melk en geursel saam in ’n ander bak en klits by die meelmengsel in tot glad.

Klits die eierwitte styf in ’n skoon bak en vou by die beslag in.

Verhit ’n kleefvrye pan en bespuit met kossproei. Sit die ringvorms in die pan en skep tot ¾ vol met die beslag.

Bak tot die beslag begin uitrys en klein borreltjies op die oppervlak vorm. Draai die plaatkoekies versigtig om en bak tot goudbruin en deurgaar. Skep uit en ontvorm versigtig.

Herhaal met die res van die beslag.

Vir voorsit

Skep ’n stukkie botter op die warm plaatkoekies en drup van die gouestroop oor. Sit dadelik voor.

Wenk
In die oond – bespuit ’n kolwyntjiepan met kossproei en vul die holtes ¾ met die ­beslag. Bak 12-15 min.  by 180 °C of tot uitgepof en gaar.