Voorverhit die oond tot 180 °C (160 °C vir ’n waaier­oond). Smeer en voer ’n standaardbroodpan uit. 

  • Klits die eier en suiker saam tot vaal, en voeg die botter en vanielje by.
  • Sif die droë bestanddele in dieselfde bak en klits tot glad.
  • Giet in die gevoerde broodpan en bak 10-15 min. of tot die bokant ferm en gekraak is. ’n Toetspen wat in die middel ingesteek word, moet uitkom met ’n paar krummels daaraan vas. Laat effens afkoel en sny dan in vierkante om voor te sit. 

WENK

Geroosterde neute, sjokoladeskyfies, kersies, malvalekkers, kaneel, brandrissie – enige van dié bestanddele kan die bruintjies opkikker.