20 min.
6-8 kebabs
Gaarmaak: 15 min.
Bestanddele
- 4 x 55 g sjokoladestafies
- TEMPOERADEEG
- 180 ml (¾ k) koekmeel
- 60 ml (¼ k) mielieblom
- 1 ml (¼ k) sout
- 1 eier, geklits
- 250 ml (1 k) koue sodawater
- VIR AFRONDING
- olie, vir diepvetbraai
- sjokoladesous of roomys, opsioneel
Metode

Hou ’n paar kebabstokkies byderhand.
- Sny die sjokoladestafies in die helfte en ryg in die lengte aan die kebabstokkies. Hou eenkant.
- Tempoeradeeg: Meng die koekmeel, mielieblom en sout in ’n mengbak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele.
- Giet die eier en sodawater in die holte van die droë bestanddele en klits tot glad en goed gemeng. Bedek en laat minstens 30 min. eenkant staan.
- Vir afronding: Verhit die olie in ’n kastrol vir diepvetbraai.
- Doop die sjokoladekebabs een-een in die beslag. Braai in die olie tot goudbruin. As die kebabs te vinnig bruin word, verlaag die hitte en braai stadiger om te verseker die sjokolade begin smelt. Herhaal met die res van die kebabs.
- Sit die kebabs voor saam met sjokoladesous of selfs roomys, indien verkies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET