• Lollies: Sny die pyn­appels stronk en al in stukke. 
  • Pols die pynappelstukke en suurlemoensap in ’n voedsel­verwerker tot verpulp.
  • Verdeel die pulp tussen 8-10 klein ­yslollievormpies en vries 2-3 uur. 
  • Druk ’n roomysstokkie in elke lollie en laat stol oornag in die vrieskas.
  • Vir voorsit: Sny die bessies in stukke en pak onderin ’n paar glase. Sny die komkommers in die lengte in repe, of sny die klein komkommer in linte met ’n groente­skiller. Pak hiervan in elke glas. Sit ’n basilieblaar in elke glas.
  • Ontvorm die lollies en sit een in elke glas. 
  • Vul die glas met die wyn of sap. Die ys­lollie sal stadig in die glas begin smelt en die drankie ’n verfrissende geur gee.

WENK: Maak die lollies in die geur van jou keuse. Wat van mango met lemoensap?