Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Klits die botter, olie, versiersuiker en strooisuiker sowat 3-4 min. met ’n elektriese menger in ’n groot bak saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanieljegeursel by en meng 1 min.
  • Voeg al die droë bestanddele by en meng met die hand om ’n sagte deeg te vorm. Bedek die deeg met kleefplastiek en verkoel sowat 20 min. in die yskas.
  • Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat goed met meel bestrooi is. Sorg dat jou deegroller met meel bestrooi is of sit kleefplastiek of waspapier oor die deeg en rol uit. Druk vorms uit met ’n blomvormige of ronde koekiedrukker en plaas dit in gesmeerde skulppanne. Bak 15 min. Laat heeltemal afkoel nadat dit gebak het.
  • Vulsel: Skep die gesmelte melksjokolade in die middel van elke koekie en sprei dit met die agterkant van die lepel uit. Laat set. 
  • Plaas die room en donkersjokolade in ’n bak en mikrogolf 2-3 min. Haal uit en roer tot al die sjo­kolade gesmelt het. Plaas in die yskas om heeltemal af te koel en te verdik.
  • Klits die verdikte sjokolade-ganache tot lig en lugtig. Spuit of skep die ganache bo-op elke koekie en bedek met die vars frambose.