Hou 6-8 silikoonvorms of ramekins byderhand.

Eiervla

Giet die melk in ’n kastrol en roer die teesakkies by. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend tot die melk begin stoom. Haal die teesakkies uit en haal van die hitte af.

Klits die vanieljegeursel, eiergele en suiker saam. Giet die warm melk bietjies-bietjies by die eiermengsel terwyl jy aanhoudend klits. Giet die mengsel terug in die kastrol.

Verhit die eiervla oor matige hitte en roer aanhoudend. Roer tot die vla verdik en haal van die hitte af. Voeg die gelatien by en roer tot opgelos.

Verdeel die mengsel tussen die vorms of ramekins, bedek en verkoel 3 uur of oornag tot gestol.

Stroop

Plaas al die bestanddele saam in ’n kastrolletjie en roer tot opgelos. Hou eenkant tot afgekoel.

Kraaksel

Sit die suiker in ’n pan en verhit oor matige hitte tot die suiker begin smelt. Moenie die pan roer nie; skud die pan af en toe om te verseker die suiker smelt eweredig. Wanneer die suiker gekaramelliseer is, giet dit op die voorbereide bakplaat. Sprinkel dadelik die rooibosteestokkies en naartjieskil oor en laat staan tot hard. Breek die kraaksel in stukke.

Dop die jellies versigtig uit op ’n bord. Giet die stroop oor. Sit voor saam met die kraaksel.