Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n middelslag-oondbak met botter.

  • Klop die botter en suiker.
  • Klits die eiers een-een by.
  • Sif die koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout saam in ’n aparte bak.
  • Klits die rooibostee, vanieljegeursel en karringmelk saam in ’n beker.
  • Skep die helfte van die droë bestanddele by die eiermengsel en klits goed.
  • Voeg die res van die droë bestanddele om die beurt met die karringmelkmengsel by die beslag.
  • Klits goed ná elke byvoeging.
  • Skep die beslag in die oondbak en bak 30-35 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die poeding kom.

Vir voorsit

  • Sprinkel die kaneel oor die poeding, indien verkies, en sit warm voor saam met die klaarbereide vla.
Wenk
Vir ekstra oemf kan jy vars gerasperde suurlemoen- of lemoenskil by die beslag voeg voor jy dit bak.