Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer die bodem van 3 x 20 cm-koekpanne met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

Klapperkoek

  • Maak die koekbeslag aan volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Meng die klapper en lemoenskil deur en verdeel die mengsel tussen die koekpanne. Bak 25-30 min. of tot gaar.
  • Laat die koeke 10 min. in die panne afkoel en keer versigtig op ’n draadrakkie uit. Laat heeltemal afkoel.

Vla

  • Meng die vlapoeier en rooibostee in ’n klein mengbakkie.
  • Verhit die melk in ’n kastrol tot net onder kookpunt en voeg die vlamengsel en sout by.
  • Roer aanhoudend tot die vla verdik en begin kook.
  • Verlaag die hitte en laat 5 min. prut. Roer aanhoudend om klonte te voorkom.
  • Skep die vla uit en bedek dit direk op die oppervlak met kleefplastiek.
  • Laat afkoel en verkoel in die yskas tot lekker yskoud.

Versiersel

  • Klits die botter met ’n elektriese handklitser tot romerig.
  • Voeg die strooisuiker en vanieljegeursel by en klits tot lig en romerig.
  • Klits die koue vla lepel vir lepel by die bottermengsel in tot donsig en gemeng.

Afronding

  • Plaas ’n koeklaag op ’n bord en smeer ’n kwart van die versiersel oor.
  • Pak nog ’n koeklaag bo-op en smeer nog ’n kwart van die versiersel oor.
  • Plaas die laaste koeklaag bo-op.
  • Smeer nog ’n kwart van die versiersel bo-oor en om die kante van die koek.
  • Verkoel 1 uur. (Hou die laaste kwart van die versiersel ook in die yskas tot nodig.)
  • Meng die klapper en rooibosteestokkies goed.
  • Haal die koek uit die yskas en sprinkel die teemengsel oor – druk van die mengsel ook aan die kante van die koek vas.
  • Skep die laaste van die versiersel bo-op die koek en rond af met die blommetjies.
  • Sit dadelik voor of hou in die yskas tot nodig.