Roomkaaslaag

  • Plaas die xilitol in die bak van ’n goeie voedselverwerker en pols 2 min. op hoog sodat dit ’n poeier vorm.
  • Gebruik ’n ballon- of handklitser om die roomkaas in ’n mengbak te klits sodat dit romerig raak.
  • Voeg die helfte van die sagte botter by en klits goed saam sodat daar geen klonte vorm nie. Voeg die ander helfte by en klits weer.
  • Voeg die verpoeierde xilitol en vanieljegeursel by en klits weer baie goed. Hou in die yskas tot later.

Bekerbakselbeslag

  • Sif al die droë bestanddele in ’n mengbak saam.
  • Klits die eier en melk in ’n aparte mengbakkie saam. Meng die asyn, vanieljegeursel en kleursel by en klits weer liggies.
  • Voeg die eiermengsel by die droë bestand­dele en meng alles goed met ’n houtlepel.
  • Skep die beslag in 2 ­bekers of bakkies wat mikrogolfbestand is. As die beslag voller as die helfte van die beker of bakkie is, gebruik ’n groter een sodat dit net halfvol is.
  • Plaas die bekers, een op ’n slag, vir 1 min. op hoog in die mikrogolf­oond. Steek ’n tandestokkie in om te kyk of dit gaar is. Indien nodig, plaas weer vir 20 sek. in die mikrogolf.
  • Laat die bekerbaksels 5 min. afkoel. Smeer nou die roomkaasmengsel bo-oor, of as jy ’n versiersak het, kan jy dit gebruik om die roomkaas mooi daaroor te spuit
Wenk
As jy vanielje- of sjokoladegeurproteïenpoeier wil gebruik, sal dit reeds versoet wees. Gebruik dan net 15 ml (1 e) xilitol.