10 min.
35-40 truffels
25-30 min.
Bestanddele
- 500 g-boks rooifluweelkoekmengsel
- 230 g roomkaas, versag
- 240 g witsjokolade
- 80 g donkersjokolade
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n 23 cm-koekplaat met kossproei.
- Maak die koek volgens die aanwysings op die verpakking, skep in die bereide plaat en bak 25-30 min. Laat dit op ’n draadrak afkoel.
- Krummel die koek in ’n groot bak, voeg die roomkaas by en knie liggies met jou vingers tot goed met die roomkaas gemeng.
- Skep 15 ml van die koek en rol in balle, plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en plaas in die yskas tot jy dit benodig.
- Smelt die witsjokolade. Haal die koekballetjies uit die yskas en gebruik ’n tandestokkie om dit een op ’n slag in die gesmelte sjokolade te doop. Plaas op die bakpapier. Sit terug in die yskas tot die sjokolade ferm is.
- Smelt die donkersjokolade, giet in ’n klein toebroodjiesakkie, knip ’n hoekie daarvan af en druk die gesmelte sjokolade oor die truffels uit. Bêre in die yskas.
Stilering: Carmen Niehaus.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET