Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee groot of drie middelslag-laagkoekpanne en hou eenkant.

  • Koek: Klop die botter, strooisuiker, sout en ­vanielje saam tot baie lig en romerig.
  • Klits die eiers en roer bietjies-bietjies by die bottermengsel in. Meng goed.
  • Sif die droë bestanddele saam en vou dit om die beurt met die melk by die bottermengsel in. Roer tot al die bestanddele goed gemeng is en die beslag ’n gladde voorkoms het.
  • Skep in die bereide panne. Bak 20-30 min. Keer uit en laat afkoel.
  • Afronding: Plaas die lae opmekaar met die karamelkondensmelk tussen elke laag. Smeer ook ’n dun lagie reg rondom die koek. Drup ’n bietjie sjo­koladesous oor en versier met die skuimpies, fudge en malvablare.