Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak of 5 ramekinbakkies.

  • Klits die eiergele en suiker saam tot lig en dik.
  • Verhit die rys, melk, kardamom en vanieljegeursel saam tot warm.
  • Voeg ’n bietjie daarvan by die eiermengsel. Meng dan alles in die kastrol en roer 5-7 min. oor lae hitte tot dit effens verdik het. Laat 5 min. afkoel; roer gedurig.
  • Klits die eierwitte en sout saam tot styf. Vou by die rysmengsel in en skep in die bereide bakkies. 
  • Bak 20 min. tot stewig. Eet warm. 
  • Alternatief: Laat afkoel, sprinkel die strooisuiker oor en verbruin in die oond of met ’n kombuis-blaasvlam. Rond af met die klapper­skaafsels en/of kersies.