• Verhit die 1 L melk in ’n kastrol oor matige hitte tot net onder kookpunt. Voeg die gedreineerde sago, kaneelstokke en fyn kardemom (indien jy dit gebruik) by en roer.
  • Meng die vlapoeier met die 60 ml melk. Roer dit saam met die suiker by die warm melkmengsel in en kook tot die mengsel deurskynend en dik is. Laat afkoel tot kamer- temperatuur en haal die kaneelstokke uit.
  • Kaneelsuiker Voorverhit die oond tot 180 °C (statiese oond) of 160 °C (waaieroond). Berei die kaneelsuiker deur die suiker en fyn kaneel te meng en plaas eenkant.
  • Voeg die vanieljegeursel en eiers by die afgekoelde melkmengsel en roer goed tot gemeng. Giet die beslag in ’n gesmeerde diep oondbakplaat en voeg ’n paar blertse botter by. Strooi die kaneel- suiker oor en bak 45 min.

WENK

As jy ’n dikker poeding verkies, voeg ’n ekstra eetlepel vlapoeier gemeng met koue melk by. Moenie die eiers by ’n warm melkmengsel voeg nie, want dit sal in roereier verander.