Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondpan goed met kossproei.

  • Plaatkoek: Sif die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel.
  • Klits die olie, asyn, vanieljegeursel en water saam in ’n ander bak en giet dit in die holte. Klits tot goed gemeng.
  • Skep die beslag in die voorbereide pan. Stamp dit liggies om die grootste lugborrels te verwyder en bak sowat 30-40 min. tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
  • Laat 5-10 min. in die pan afkoel en keer versigtig uit (of los in die pan as jy verkies om die koek binne-in die pan te versier).
  • Vir afronding: Versier die koek soos jy verkies.