Hou 2 glasies of kelkies byderhand.

  • Panna cotta: Plaas die room, sitrusskil en strooisuiker in ’n mikrogolfvaste glas- of mengbak. Verhit 1 min. of tot net voor die room kookpunt bereik. Roer goed.
  • Voeg die gesponsde gelatien by en roer tot opgelos.
  • Roer die vanielje en jogurt by die roommengsel in en verdeel tussen die kelkies of glasies. Bedek en verkoel 2 uur in die yskas of oornag tot gestol.
  • Vir voorsit: Rond die panna cotta af met die vrugte en blom­metjies.