Voorverhit die oond tot 160 °C. Besprinkel ’n koekpan van 25 x 25 cm met bakpoeier en ­bespuit met kossproei.

  • Kaaskoek: Klop al die bestanddele saam met ’n elektriese klitser tot glad. Hou eenkant.
  • Brownies: Smelt die botter in ’n kastrol. Haal van die plaat af en voeg die sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt is. Hou eenkant.
  • Klits die suiker en eiers in ’n ander bak saam. Voeg ’n kwart van die sjokolademengsel hierby en klits goed. Voeg die res van die sjokolademengsel by en klits weer.
  • Sif die kakao, koekmeel, bakpoeier en sout oor die eiermengsel. Vou die droë bestanddele liggies in tot net gemeng. Skep in die koekpan.
  • Maak die oppervlak glad met die agterkant van ’n lepel. Maak plek-plek effense holtes en skep die kaaskoekmengsel oor die hele oppervlak.
  • Bak die brownies 30-40 min. of tot gaar.
  • Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Keer die brownies uit, sny in vierkante en bêre in die yskas.
  • Sous: Verhit die sjokolade en die Amarulalikeur 30 sek. in ’n glasbak in die mikrogolfoond. Roer goed en mikrogolf nog 30 sek. Meng goed. As die sjokolade nog nie gesmelt het nie, mikrogolf nog 30 sek. Sit voor as ’n doopsous of bedruip die brownies hiermee. 

WENK

Toets so of die brownies gaar is: Steek 'n bottermessie versigtig in die middel van 'n koekie.

Vryf die krummels wat uitkom tussen jou vingers. As dit ’n balletjie vorm, is dit reg, maar as dit sprei, moet die brownies nog ’n paar minute gebak word.