Sit ’n groot silikoonjellievorm op ’n bakplaat.

  • Verhit die room en melk in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte.
  • Klits die eiergele, suiker en kakao saam in ’n mengbak. Voeg ’n soplepel vol van die melkmengsel by en klits goed. Voeg nog ’n lepel vol by en klits goed. Giet hierdie mengsel by die res van die melkmengsel in die kastrol.
  • Plaas die kastrol op matige hitte. Roer aanhoudend met ’n houtlepel tot die vla effens verdik. Verwyder die kastrol van die hitte en hou eenkant.
  • Meng die gelatien en water in ’n klein bakkie en laat 15 min. staan. Voeg by die vlamengsel en roer tot opgelos.
  • Giet die mengsel in die vorm en laat 4-6 uur of oornag stol.
  • Vir voorsit: Keer die jellie uit op ’n opdienbord. Versier met vars vrugte van jou keuse en sit voor.