Smeer en voer ’n groot broodpan met bakpapier uit.

  • Pak 'n laag: Tennisbeskuitjies op die bodem en drup van die likeur bo-oor. Laat 10 min. week. 
  • Verhit die sjokolade in 'n glasbak oor ’n kastrol water tot net gesmelt en glad.
  • Haal die sjokolade van die hitte af, voeg die botter en eiergele by en roer goed. Laat eenkant staan om af te koel.
  • Voeg die kersies en neute by wanneer afgekoel.
  • Klop die room tot sagte punte vorm en vou dit dan by die mengsel in.
  • Smeer 'n laag van die sjokolademengsel onder in die pan. Bedek met 'n laag beskuitjies en drup weer van die likeur oor. Herhaal die lae en eindig met ’n laag sjokolade. Moenie meer as 3 lae koekies pak nie, want dan word dit droog.
  • Strooi die klapper oor. Bedek met kleefplastiek en plaas vir minstens 5 uur in die yskas.
  • Sny in dun skyfies en sit voor saam met vanieljeroomys.

Carien van den Berg, sirkelpresident 2013–’15, 2017–’18, Kalahari

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.