Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 5 ramekin­bakkies en bestuif met ­kakao.

  • Meng die amandelmelk en asyn of suurlemoensap in ’n bak en laat staan so 2 minute.
  • Voeg die suiker, olie, vanieljegeursel en appelpulp by en klits goed.
  • Sif die kakao, bakpoeier, koekmeel en sout oor. Meng tot glad.
  • Meng die gesmelte sjo­kolade in.
  • Skep die beslag in die voorbereide ramekinbakkies en druk ’n blokkie sjokolade in elk. Bak sowat 12-15 minute of tot die koek effe van die kante begin wegtrek – dit moet ’n fudgetekstuur in die middel hê en nie meer rou wees nie. Keer uit en koel af.
  • Versiersel: Klits die water sowat 5-6 minute met ’n elektriese klitser op hoë spoed tot dit verdubbel het in volume en wit en skuimerig is.
  • Voeg die kremetart by en klits nog 1 minuut.
  • Voeg die versiersuiker ’n lepel op ’n slag by en klits teen stadige spoed tot 
    al die suiker bygevoeg is. Klits nog 15 minute op hoë spoed of tot die mengsel dik, wit en glansend is en stywe punte vorm.
  • Skep die meringue oor elke koekie en blaas met ’n blaasvlam tot effe verbruin. Sit dit andersins vinnig terug in die oond tot dit verbruin het.