• Voorverhit die oond tot 190 ºC. Smeer ’n vierkantige 20 cmbakplaat en voer uit met bakpapier.
  • Meng die botter, koekmeel, suiker en fyn gerasperde skil van die helfte van die lemoen in ’n groot bak.
  • Vryf die mengsel tussen jou duim en vingerpunte. Druk tot ’n deeg vorm, maar moenie knie nie.
  • Druk vas in die uitgevoerde pan tot 1 cm dik. Prik oraloor met ’n vurk. Bak 20 min. of tot effens goudbruin.
  • Haal uit die oond, strooi ’n bietjie suiker oor terwyl dit nog warm is en laat afkoel.
  • Smelt intussen die sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol water wat liggies prut. Verwyder van die hitte.
  • Sny die brosbrood in 12 vingers;laat dit op ’n draadrak afkoel. Bedruip met die sjokolade en rasper die res van die lemoenskil oor.
  • Sny die lemoen en sit dit voor saam met die brosbrood