Voorverhit die oond tot 160 °C. Bespuit 'n 20 cm-vierkantige losboomkoekpan goed met kossproei. Voer uit met bakpapier en bespuit weer.

  • Meng die droëvrugte, sonneblom- en sesam­sade, pampoenpitte en kakao en hou eenkant.
  • Plaas die eierwitte, sout, suiker en versoeter in 'n glasbak. Plaas die bak oor 'n kastrol met kookwater. Maak seker dat die water nie aan die onderkant van die bak raak nie, en plaas dit op 'n verhitte stoofplaat. 
  • Klits vinnig met 'n ballon­klitser tot die suiker opgelos is.
  • Verwyder van die hitte. Klits met 'n elektriese handklitser tot die mengsel dik is en effens blink, minstens 7 min.
  • Vou die droëvrugtemengsel liggies by die suikermengsel in en skep in die bereide pan. Moenie die bokant gelykmaak nie.
  • Bak 45 min. of tot 'n toets­pen skoon uit die koek kom. (Die koek sal sponserig wees.) Verwyder uit die oond en laat heeltemal in die pan afkoel tot stewig.
  • Afronding Keer versigtig uit op 'n opdienbord, stuif kakao oor en besprinkel met die amandels.
  • Vir voorsit: Meng die roomkaas met die jogurt en suiker en sit voor saam met die koek.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.


Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.