Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Meng die mabele, psilliumvesel, kakao en bakpoeier goed.
  • Klits die eiers en suiker saam tot lig en dik.
  • Voeg die lemoen­skil en -sap by.
  • Voeg die sultanas en neute by die mabele­mengsel.
  • Vou by die eiermengsel in en meng tot ’n sagte deeg (voeg nog mabele by, indien nodig).
  • Vorm die deeg in ’n lang, ovaalvormige brood. 
  • Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en plaas die brood bo-op. Bak sowat 25-30 min. of tot gaar.
  • Verwyder uit die oond en laat 15 min. afkoel. Sny in dun skyfies, sowat 16.
  • Pak die skyfies in ’n enkellaag op ’n bakplaat en sit terug in die oond vir 10 min. Draai om en bak nog 10 min. tot droog.
  • Koel af en bêre in ’n lugdigte houer. 
  • Sit voor saam met koffie of roomys.

Dié lekker bros biscotti word met kakao en mabele (sorghummeel) gemaak.