Plaas die oondrak in die middel van die oond. Verhit die oond tot 180 °C. Voer 'n 22 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier en bespuit met kossproei. 

  • Klits die eiers in 'n elektriese menger by hoë spoed tot dit in volume verdubbel het, sowat 5 min. 
  • Smelt die sjokolade en botter saam in 'n glasbak wat oor ’n pot met kookwater pas – maak seker die water raak nie aan die bak nie.
  • Vou 'n derde van die geklitste eiers by die sjokolademengsel in met ’n metaallepel.
  • Vou die oorblywende ²⁄3 van die eiers saam met die lemoenskil in. 
  • Plaas die mengsel in 'n koekpan. Sit die koekpan in 'n oondbraaibak en vul die bak met kookwater tot so hoog soos die beslag in die pan. 
  • Plaas in die oond en bak sowat 30 min. of tot net gestol. 
  • Haal die koek saam met die waterbad uit die oond en laat afkoel in die waterbad. 8 Verwyder uit die water, verwyder die metaalring en plaas die koek op 'n opdienbord. Sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.