Hulle is onweerstaanbaar – en van die maklikste nageregte wat ’n mens saam met vriende kan geniet.
Lewer 28
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 2 uur
300 g donker sjokolade, in stukke gebreek
’n knippie sout
1 rooi brandrissie, fyn gekap
180 ml (¾ k) room
60 ml (¼ k) uitgedroogde klapper
60 ml (¼ k) kakaopoeier
100 g ongesoute neute, gekap
- Plaas die sjokolade, sout en brandrissie in ’n hittebestande bak.
- Bring die room tot kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte en giet oor die sjokolade terwyl jy roer tot dit gesmelt is. Bedek met kleefplastiek en verkoel ’n uur in die koelkas of tot geset.
- Plaas die klapper in ’n vlak bak of bord, die kakaopoeier in nog een en die gekapte neute in ’n derde.
- Skep klein hoeveelhede van die sjokolademengsel uit die bak, plaas dit in die palm van jou hand en rol dit vinnig in ’n balletjie.
- Woel dit in die klapper, kakaopoeier of gekapte neute tot oraloor bedek. Herhaal met die oorblywende mengsel.
- Verkoel in die yskas tot ferm, sowat ’n uur.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET