• Plaas die kondensmelk, botter, sjokolade en melk in ’n kleefvrye kastrol, verhit oor stadige hitte en roer tot die mengsel ’n sagte balletjie vorm as ’n bietjie daarvan in yskoue water gedrup word – ­sowat 40 min. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel by.
  • Giet die mengsel uit op ’n gesmeerde bakplaat en maak gelyk met ’n paletmes wat met botter gesmeer is.
  • Sny in 40 ewe groot blokkies wanneer dit effens afgekoel is.
  • Rol die blokkies in bolletjies en rol die bolletjies in die vermicelli.
  • Laat heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

Benewens vlageregte is soet melk, oftewel kondens­melk, ook gewild. Gekookte kondens­melk of karamelkondensmelk (doce de leite) word saam met nageregte voorgesit of op brood gesmeer.

Dit word ook net so uit die blik­kie geniet. Hier word kondensmelk gebruik om toffiefudge mee te maak.