• Koppies: Temper die sjokolade en laat effens afkoel. Blaas die ballonne op tot sowat 6 cm in deursnee.
  • Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.
  • Doop die ballonne se onderste helfte in die gesmelte sjokolade en plaas op die bakplaat.
  • Plaas vir sowat 1 uur in die yskas tot verhard.
  • Prik dan die ballonne aan die bokant en laat dit stadig van die sjokolade lostrek. Gooi die ballonplastiek weg.
  • Mousse: Plaas die gelatienpoeier in ’n klein bak en voeg die warm water by. Roer tot die gelatien heeltemal opgelos het.
  • Maak die bevrore bessies in ’n menger of voedselverwerker fyn.
  • Voeg die jogurt en heuning by en meng tot glad.
  • Voeg die gelatien by die bessiemengsel en verwerk tot goed gemeng.
  • Giet die moussemengsel in ’n spuitsak, verkoel 30 min. en spuit in die koppies. Verkoel minstens 3-4 uur in die yskas tot geset.
  • Sit voor saam met die vars bessies.

Temper sjokolade so

Dié proses maak sjokolade smeerbaarder en blinker. Smelt eers die sjokolade en giet dan twee derdes daarvan op ’n marmerblad uit; smeer en skraap die sjokolade sowat 3 min. heen en weer tot dit amper set.

Skraap dit terug in die bak en smelt dit weer tot glad en reg vir gebruik.