Dié poeding is dalk nie goed vir die dieet nie, maar dis beslis smaaklike sielskos.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Bak: 30 min.
375 ml (1½ k) bruismeel
250 ml (1 k) strooisuiker
50 g kakao
5 ml (1 t) bakpoeier
1 lemoen, skil en sap
3 eiers
100 g botter, gesmelt
160 ml (? k) melk
100 g melksjokolade, in stukke gebreek
Sous
200 ml (¾ k) donkerbruinsuiker
30 ml (2 e) kakao
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Meng die meel, strooisuiker, kakao, bakpoeier, lemoenskil en ’n knippie sout in ’n groot mengbak.
2. Klits die lemoensap, eiers, botter en melk saam in ’n aparte bak. Voeg die droë bestanddele by en meng tot glad.
3. Roer die sjokoladestukke by en skep die beslag in ’n bakskottel wat met olie gesmeer is. (Dit moet diep genoeg wees om die poeding te akkommodeer nadat dit gerys het.)
4. Sous Meng 300 ml kokende water met die suiker en kakao en skink alles oor die poedingbeslag.
5. Bak 30 min. in die oond. Sit dit verkieslik warm voor.
Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET