• Smelt die botter in ’n kastrol oor lae hitte en voeg dan 500 ml room en die eritritol by. Sodra dit begin stoom, skakel die hitte af. 
  • Klits die eiergele in ’n aparte mengbakkie. 
  • Roer die eiergele baie stadig by die warm room in. 
  • Klop die res van die room, wodka en pepermentgeursel saam in ’n ander mengbak tot dit ligte, stywe pieke begin vorm. 
  • Voeg die gekapte sjokolade en gekapte neute by die geklopte room. 
  • Vou die geklopte room versigtig by die warm room in. Die sjokolade sal effens begin smelt, wat ’n lekker kleur aan die roomys sal gee. Nog ’n paar heel stukke sal in die roomys wegkruip. 
  • Giet die mengsel in ’n bak wat vrieskasbestand is, bedek met kleefplastiek en vries minstens 5 uur. 
  • Roer ná sowat 2 uur om die neute en sjokolade wat tot onder gesak het weer te lig en met die roomys te meng. As jy nie neute of sjokolade bygevoeg het nie (ja, jy kan ook met geure soos vanielje of karamel speel), is dit nie nodig om die roomys weer te roer nie.