• Mousse: Klits die suiker, kakao en room saam tot styf.
  • Smelt die gelatien 10-15 sek. in die mikrogolf.
  • Voeg die gelatien, vanielje en sout by die roommengsel en klits tot goed gemeng.
  • Skep die mousse in ’n bak en verkoel minstens ’n uur in die yskas of tot effens gestol.
  • Afronding: Sif nog kakao oor, indien verkies. Pak die pruim- of nektarien­skyfies en ment op die mousse en sit voor. 


WENK

Vervang sjokolade met kakao

Sjokolademousse is ’n maklike en vinnige poeding. Gewoonlik word dit met gesmelte sjokolade en room gemaak; in ons weergawe gebruik ons kakao pleks van sjokolade.