Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee 20 cm-koekpanne en ’n 15 cm-koekpan en voer met bakpapier uit.

  • Plaas die botter en suiker in ’n bak en klits tot liggeel en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits tot gemeng.
  • Sif die meel, bakpoeier en kakao by. Giet die melk in en klits tot net gemeng.
  • Verdeel die koekbeslag tussen die voorbereide koekpanne. Bak die groter panne 35 min. en die kleiner een 30 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat koel 5 min. in die panne af voor jy dit uitkeer om heeltemal af te koel.
  • Versiersel: Plaas die sjokolade in ’n mikrogolfbestande bak en voeg die room en botter by. Mikrogolf 30 sek., roer goed en mikrogolf dan nog 30 sek. Herhaal die proses tot die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is. Sit in die yskas om heeltemal af te koel en te verdik en klits dan tot donsig.
  • Plak die groter koeklae met die versiersel op mekaar vas. Sny die kleiner koek middeldeur en plak die helftes met versiersel op mekaar vas.
  • Bedek albei koeke met die versiersel, smeer die versiersel glad en laat effens hard word. Plaas die kleiner koek bo-op die groter koeklaag.
  • Sjokoladebas: Smelt die sjokolade in die mikrogolf terwyl jy elke 15 sek. roer tot glad. Sprei dit egalig uit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kossproei bespuit is. Strooi dadelik die bosbessies, saad en pitte oor en druk dit sagkens by die sjokolade in.
  • Laat hard word, breek in skerwe en pak langs die kante van die koek vas.