15 min.
6
15 min.
Bestanddele
- botter vir smeer
- kakao vir strooi
- 200 g donkersjokolade, fyngekap
- 100 g botter
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- 2 eiers
- 15 ml (1 e) meel
- 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou 6 ramekins of dariole-vormpies en ’n bakplaat byderhand.
- Voer die ramekins of vormpies aan die binnekant met die botter uit en bestrooi met die kakao. Skud sodat die kakao goed aan die botter kleef; skud enige oortollige kakao uit.
- Plaas die sjokolade en botter in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer aanhoudend tot gesmelt. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
- Plaas die suiker en eiers in ’n groot mengbak en klits saam met ’n elektriese handklitser tot liggeel en romerig. Vou die sjokolademengsel en meel liggies by die eiermengsel in.
- Skep 60 ml (¼ k) van die sjokolademengsel in ’n aparte bakkie. Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed. Hou eenkant.
- Vul die ramekins of vormpies halfpad met die sjokoladebeslag. Skep ’n lepel van die grondboontjiemengsel in die middel van die beslag in elke ramekin of vormpie. Verkoel die poedings minstens 1 uur in die yskas.
- Pak die poedings op die bakplaat en bak 10-12 min. of tot gaar om die kante en gekraak bo-op.
- Keer die poedings versigtig op opdienbordjies uit en sit dadelik voor.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg
Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET