Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n rolkoekpan met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Rollade: Klits die eiergele in ’n bak saam met die suiker tot dik en lig van kleur.
  • Vou die kakaopoeier, sout en amandels in.
  • Gebruik ’n skoon klitser en klits die eierwitte in ’n skoon bak tot styf. Meng ’n bietjie van die eiergeelmengsel met die witte en vou dan die res in.
  • Skep in die pan en sprei egalig uit. Bak 20 min. of tot gaar in die middel.
  • Keer uit op ’n teedoek, trek die papier versigtig af en rol op met behulp van die teedoek. Laat afkoel.
  • Vulsel: Meng die jogurt en skil. Rol die rollade oop, smeer die vulsel op en rol weer op.
  • Ganache: Plaas die sjokolade in ’n mikrogolfbestande glasbak en voeg die room by. Mikrogolf 30 sek., roer goed en mikrogolf dan nog 30 sek. Roer tot die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is. Laat sowat 10-15 min. afkoel en giet oor die koek.
  • Pak die lemoenskywe bo-op en sit voor.