Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Plaas die botter, vanielje, eiers en suikers in 'n mengbak en klits goed met 'n elektriese klitser. Voeg dan die meel, koeksoda, sout en sjokoladesplinters by en meng tot 'n sagte deeg vorm.
  • Rol die deeg in 'n bal en verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Rol die deeg in okkerneutgrootte-bolletjies en pak op die bereide bakplate.
  • Doop 'n vurk in meel en druk die koekies platter. Doop die vurk af en toe weer in die meel indien nodig.
  • Bak die koekies 7-10 min. of tot goudbruin onder. Haal die bakplate uit die oond en laat die koekies 15 min. op die bakplate afkoel. Pak op 'n draad- rakkie en laat heeltemal afkoel. Bêre in 'n lugdigte houer. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.