Voorverhit die oond tot 175 °C.

  • Smelt die sjokolade en botter in ’n dubbel­koker. Roer tot alles gesmelt en glad is. Haal van die stoofaf.
  • Klits die eiers, suiker en brandewyn in ’n mengbak saam. Voeg die sjokolademengsel by.
  • Die belangrikste deel van die resep is die bak van die tarte. Smeer ’n losboompan van 23 cm met botter. Sprinkel die kakaopoeier oor die boom van die pan en skud sodat die hele pan bedek word.
  • Die onderste gedeelte van die pan moet met verskeie lae foelie toegemaak word om te verseker dat water nie tydens die bakproses in die koekpan kom nie. Maak seker dat die foelie die onderkant en die kante van die pan bedek.
  • Sodra die mengsel in die pan is, maak die bokant van die pan met foelie toe.
  • Sit die koekpan met die mengsel in ’n groot oondpan met genoeg warm water om die helfte van die koekpan te bedek. 
  • Bak 75 min. 
  • Dan, in David se woorde: “It should feel just set in the middle, like quivering chocolate pudding. If you gently touch the centre, your finger should come away almost clean.” 
  • Laat afkoel en sit voor saam met crème fraîche of ’n karamelsous. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!