Voer ’n diep bakplaat uit met bakpapier en bespuit met kossproei.

  • Breek die sjokolade in klein blokkies en plaas in ’n groot mikrogolfvaste oondbak. Smelt 30 sek. in die mikrogolf, roer en herhaal tot gesmelt.
  • Voeg die res van die bestanddele by die sjokolade en meng liggies deur. Skep die mengsel op die bakplaat, pak nog Paas-lekkernye bo-op indien verkies en laat stol 45 min. in die yskas.
  • Sny in stukke en sit voor. 

Wenk: Vir individuele happies: Voer ’n kolwyntjiepan met papierbakkies uit, verdeel die lekkernye tussen die koppies en giet die sjokolade oor. Laat stol in die yskas en sit voor in die papierbakkies.