Voorverhit die oond tot  100 °C. Voer twee bakplate met tinfoelie uit en stuif met mielieblom.

  • Plaas die eierwitte, strooisuiker, kookwater en asyn in ’n silwerskoon glasbak en klits met ’n elektriese handklitser tot die skuim dik staan – ongeveer 10 min – en tot al die suiker opgelos is.
  • Klits die vanieljegeursel by.
  • Skep teelepelsvol van die skuim op die bereide bakplate.
  • Bak 1 ½ uur, skakel die oond af en laat in die oond afkoel.
  • Bêre die skuimpies in ’n lugdigte houer.